Friday, February 17, 2006

Met Valenteinsdag agter die rug

Ek... Met valenteinsdag agter die rug en die tweede opvoering van Lady Macbeth om die draai, het ek vandag n rustige af dag... ai, dis darm lekker... sal ek ooit weer die genot van vandag kan beleef? Buite is dit nog nie so warm as wat dit kan wees nie... maar die somer kom hier in st. gallen.

Ubuntu... dit gaan nog goed aan met die ou rekenaar... is nou nog steeds op Breezy Badger... maar sal sodra Dapper offisieel aangebied word, daarna oorstyg.

Werk... die soeke na werk is nog aan die gang... vandag beter ek n goeie werksgeleentheid sien... ek hoop dat ek gou reg sal kom anders is dit tatta tatta hasie hasie vir ons en st. gallen... dit gaan n hartseer dag wees... en dan gaan trotseer ons die misdaad!

15:52
Daardie hartseer dag sal maar met n jaar uitgestel moet word. Vandag het ek weer my ou werkie terug gekry... hulle het my met ope arms verwelkom! Dit was n lekker gevoel...

Ek MOET nou alles in my vermoe doen om dit ook vir my vroutjie lekr te maak hierso... ek weet die feit dat ek hierso is, klaar n groot drawback is en selfsugtig is... maar wat is twee jaar van haar lewe teen n leeftyd van myne?

ok, dit is seker nie presies so nie en sy sal seker ook geluk hierso kan vind... dit maak my seer dat ons nie gelukkig saam hierso kan wees nie.

My doelwitte vir die komende jaar is om myself te skool sodat ek met die terugkeer na my moederland n beter kans kan he om n goeie lewe te maak vir my en my wederhelfde.

DIT MOET GEBEUR! Wel, ek moet dit LAAT gebeur, en gaan ook!

0 comments: