Friday, February 24, 2006

flac na mp3

Goed, eers het ek gedink mens sou dit direk kan doen, maar dit lyk my mens moet dit eers na .wav toe vat, en dan na .mp3 toe...

Of, mens kan eers

$ flac -d -c inleer.flac -o uitleer.wav


dan het mens n .wav leer wat mens eenfoudig net kan omskakel na mp3 met lame...

$ lame inleer.wav uitleer.mp3


Daar is natuurlik ander moontlikhede soos... pipe die twee opdragte saam...

$ flac -d -c inleer.flac | lame - uitleer.mp3


dit stuur die uitset van die flac bevel, na die lame enjin toe...

is alles natuurlik commandline...

Vir Batch conversions... gebruik die volgende script vir flac na mp3 192

# flac to mp3
# flac and lame
# convert flac to wav
for i in *.flac
do
flac -d -c "$i" -o "$i.wav"

# convert wav to mp3
for i in *.wav
do
lame -b 192 "$i"
done
rm "$i"

# rename the mp3 files
for i in *.flac.wav.mp3
do
rename 's/\.flac\.wav\.mp3/\.mp3/' *
done

done

# get rid of the flac files
for i in *.flac
do
rm *.flac
done

Friday, February 17, 2006

Met Valenteinsdag agter die rug

Ek... Met valenteinsdag agter die rug en die tweede opvoering van Lady Macbeth om die draai, het ek vandag n rustige af dag... ai, dis darm lekker... sal ek ooit weer die genot van vandag kan beleef? Buite is dit nog nie so warm as wat dit kan wees nie... maar die somer kom hier in st. gallen.

Ubuntu... dit gaan nog goed aan met die ou rekenaar... is nou nog steeds op Breezy Badger... maar sal sodra Dapper offisieel aangebied word, daarna oorstyg.

Werk... die soeke na werk is nog aan die gang... vandag beter ek n goeie werksgeleentheid sien... ek hoop dat ek gou reg sal kom anders is dit tatta tatta hasie hasie vir ons en st. gallen... dit gaan n hartseer dag wees... en dan gaan trotseer ons die misdaad!

15:52
Daardie hartseer dag sal maar met n jaar uitgestel moet word. Vandag het ek weer my ou werkie terug gekry... hulle het my met ope arms verwelkom! Dit was n lekker gevoel...

Ek MOET nou alles in my vermoe doen om dit ook vir my vroutjie lekr te maak hierso... ek weet die feit dat ek hierso is, klaar n groot drawback is en selfsugtig is... maar wat is twee jaar van haar lewe teen n leeftyd van myne?

ok, dit is seker nie presies so nie en sy sal seker ook geluk hierso kan vind... dit maak my seer dat ons nie gelukkig saam hierso kan wees nie.

My doelwitte vir die komende jaar is om myself te skool sodat ek met die terugkeer na my moederland n beter kans kan he om n goeie lewe te maak vir my en my wederhelfde.

DIT MOET GEBEUR! Wel, ek moet dit LAAT gebeur, en gaan ook!